Search form

1 Kronieke 24:6

6Die sekretaris was Semaja seun van Netanel. Hy was ’n Leviet en hy het die priesters se name opgeskryf. Hy het elke maal twee familiehoofde vir Eleasar opgeskryf en een familiehoof vir Itamar. Die koning was ook daar, en ook die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en die Leviete.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index