Search form

1 Korintiërs 6:9-10

9-10Julle weet dat mense wat verkeerd lewe, nie sal kom waar God Koning is nie. Julle moet reg verstaan: Mense wat onsedelik lewe, sal nie kom waar God Koning is nie, ook nie mense wat afgode aanbid, of mans wat met ander mans se vroue seks het, of mans wat met ander mans seks het, of mense wat steel, of mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of mense wat altyd dronk is, of mense wat lieg en lelike dinge van ander mense sê, of mense wat ander mense aanval en hulle geld vat nie. 11Ja, party van julle het hierdie dinge gedoen. Maar nou het God julle sondes afgewas, Hy het julle aan Hom gewy. Hy het julle vrygespreek omdat julle aan die Here Jesus Christus behoort en omdat die Gees van ons God in julle harte gewerk het.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index