Search form

1 Petrus 3:1-2

Hoe mans en vroue moet lewe

1-2Julle het gehoor dat slawe gehoorsaam moet wees aan hulle eienaars. Vroue, julle moet ook gehoorsaam wees aan julle eie mans. Miskien glo party van julle mans nie in God nie. As daardie mans sien dat julle vir God respekteer en dat julle heeltemal reg lewe, dan kan die vroue wat mooi lewe, die mans laat besluit om vir God te dien. Julle kan dit doen, ook wanneer julle niks sê nie. 3-4Julle moet mooi wees, maar julle moenie mooi wees net omdat julle julle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, of omdat julle goue juwele dra of omdat julle baie duur klere aantrek nie. Julle harte moet altyd mooi wees, julle moet nederig en rustig wees. Dit is baie belangrik vir God.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index