Search form

1 Petrus 5:1-2

Die ouderlinge

1-2Ek is ’n ouderling soos julle en ek is ’n getuie wat gesien het dat Christus baie swaar gekry het. Die tyd is ook nou baie naby wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is, en ek sal dit ook sien. Daarom vra ek mooi vir julle wat ouderlinge is, om herders te wees wat sorg vir God se mense wat daar by julle is. Julle moet sorg vir hulle, nie omdat iemand sê julle móét dit doen nie, maar omdat julle dit graag wil doen en omdat God dit wil hê. Julle moet dit doen, nie omdat julle altyd meer dinge wil hê nie, maar omdat julle baie graag wil sorg vir hulle. 3God het mense vir julle gegee sodat julle vir hulle kan sorg. Julle moenie vir hulle verdruk nie, maar julle moet ’n goeie voorbeeld wees vir hulle.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index