Search form

2 Kronieke 28:15

15Die amptenare en die volksvergadering het manne gekies en aangestel, en die manne het die gevangenes gehelp. Party gevangenes het nie klere gehad nie, en die manne het vir hulle klere en skoene gegee, dit was van die goed wat die leër gevat en saamgebring het. Hulle het ook vir die gevangenes kos en water gegee en hulle het die gevangenes met olyf-olie ingevryf. Hulle het die gevangenes wat baie swak was, op donkies laat ry en hulle het die gevangenes gebring na Jerigo, die Palmstad, in Juda. Die gevangenes was toe terug by hulle eie volk. Daarna het die manne teruggegaan na Samaria.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index