Search form

2 Kronieke 34:26-27

26-27Die koning van Juda het vir julle gestuur om te vra wat die Here sê. Julle moet vir die koning gaan sê: Ek, die Here, het gesien dat jy jou voor My verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek gesê het. Ek het gesien dat jy jou klere geskeur het en Ek het gehoor hoe jy huil. 28Daarom sal dit goed gaan met jou totdat Ek jou laat sterf en jy begrawe is. Jy sal nie self sien wanneer Ek dit sleg laat gaan met hierdie plek nie.”

Gilkija en die ander mans het vir die koning gaan sê wat die profeet gesê het.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index