Search form

2 Korintiërs 12:3-4

3-4Ja, ek weet God het hierdie man geneem tot in die paradys. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit. Daar in die paradys het hierdie man wonderlike dinge gehoor, so wonderlik dat ’n mens nie daaroor kan praat nie. 5Ek sal spog oor hierdie man. Maar ek sal nie oor myself spog nie. Ek sal net daaroor spog dat ek swak is.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index