Search form

2 Samuel 16:1

Siba bring donkies en kos vir Dawid

1Dawid was nie ver oor die top van die berg nie, toe kom Siba daar na hom toe. Siba het vir Mefiboset gewerk. Siba het twee donkies by hom gehad. Op die saals van die donkies was daar 200 brode, 100 koeke rosyne, 100 koeke gedroogde vye en ’n velsak vol wyn.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index