Search form

Amos 7:1-2

Die Here wys vir Amos sprinkane

1-2Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Hy het baie sprinkane gemaak. Dit was nadat die mense die gras afgesny het vir die koning se perde. Die gras het weer begin groei en dit het groen geword. Die sprinkane het al die groen plante in die land begin opvreet. Ek sê toe: “Here, vergewe hulle asseblief! Die Israeliete is min, hulle sal nie kan aanhou lewe nie.”

3Die Here het toe besluit om nie die sprinkane te maak nie. Hy het gesê: “Dit sal nie gebeur nie.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index