Amos 8:14
14Wanneer hulle iets belowe het,
dan het hulle altyd gesê:
‘Die afgod van Samaria
is die getuie,’
of hulle het vir die stad Dan gesê:
‘So seker
soos jou god lewe!’
of: ‘So seker soos daar
’n pad is na die stad Berseba!’
Maar hulle sal val,
hulle sal nie weer opstaan nie.”