Search form

Deuteronomium 10:12-13

Die Israeliete moet die Here respekteer en lewe soos Hy wil hê

12-13“En nou, Israeliete, wat wil julle God die Here hê julle moet doen? Hy vra dat julle Hom moet respekteer, dat julle moet lewe soos Hy wil hê, dat julle lief moet wees vir Hom, dat julle elke dag julle God die Here sal dien met julle hele hart, dat julle sal doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee. Julle God die Here vra niks meer van julle nie. As julle dit doen, dan sal dit goed gaan met julle. 14Julle moet dit weet: Die hemel, die hoogste hemel, ook die aarde en alles daarop, behoort aan julle God die Here.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index