Search form

Deuteronomium 2:28-29

28-29Jy kan kos en water aan ons verkoop om te eet en te drink. Jy moet net sê dat ons deur jou land mag loop totdat ons deur die Jordaan-rivier kan gaan na die land wat ons God die Here vir ons gee. Die nageslag van Esau wat in die land Seïr woon en die Moabiete wat in die land Ar woon, het gesê ons mag deur hulle lande loop.’

30“Maar koning Sihon van Gesbon het gesê ons mag nie deur sy land gaan nie, want julle God die Here het hom hardkoppig gemaak. Die Here wou julle laat wen teen Sihon, en julle woon nou nog in sy land.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index