Search form

Deuteronomium 31:10-11

10-11Moses het vir hulle gesê: “Julle moet hierdie wette elke sewende jaar vir al die Israeliete lees. Dit is die jaar wanneer julle moet sê dat mense die geld mag hou wat hulle vir julle skuld, hulle moenie die geld terugbetaal nie. Julle moet die wette lees op die Hutte-fees, wanneer al die Israeliete voor julle God die Here moet kom staan op die plek wat Hy sal kies. 12Julle moet die volk laat bymekaarkom, die mans, die vroue en die kinders, en ook die vreemdelinge wat in julle stede is, sodat hulle kan hoor en kan leer en sodat hulle ook julle God die Here kan eer en alles kan doen wat hierdie wette sê.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index