Search form

Eksodus 13:17-18

Die volk loop deur die woestyn na die Riet-see

17-18Toe die farao die Israeliete laat gaan het, het God hulle nie gelei op die pad deur die Filistyne se land nie. Dit was die kortste pad en die Israeliete kon goed oorlog maak. Maar God het gesê: “As die Israeliete moet oorlog maak, dan sal hulle miskien begin twyfel en hulle sal hulle planne verander. Dan sal hulle omdraai en teruggaan na Egipte.”

Daarom het God hulle met ’n langer pad deur die woestyn laat gaan na die Riet-see. 19Moses het Josef se lyk met hom saamgeneem, want voordat Josef gesterf het, het hy gesê die Israeliete moet belowe om dit te doen, en God moet die getuie wees. Josef het vir hulle gesê: “God sal julle vrymaak, dit is seker. Wanneer Hy dit doen, dan moet julle my lyk saamneem uit hierdie land.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index