Search form

Eksodus 22:2-4

2-4As julle die dief vang en die dier wat hy gesteel het, lewe nog, dan moet die dief vir die eienaar van die diere twee diere gee vir elke dier wat hy gesteel het. Dit maak nie saak of dit ’n bees of ’n donkie of ’n skaap is nie. Die dief moet vir alles betaal. As hy niks het nie, dan moet julle die dief verkoop om te betaal vir die diere wat hy gesteel het. As iemand ’n dief vang terwyl hy in die nag inbreek, en hy slaan die dief dood, dan moet julle nie die man doodmaak wat hom geslaan het nie. Maar as dit in die dag gebeur, dan moet julle die man wat die dief doodgeslaan het, ook doodmaak.”

Diere wat wei

5“Wanneer ’n man sy diere in sy veld of wingerd laat loop om te wei, dan moet hy hulle oppas. As hy sy diere vry laat loop en hulle gaan vreet ook in ’n ander man se veld, dan moet die eienaar van die diere die ander man betaal. Hy moet die beste koring en die beste druiwe vir die ander man gee.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index