Search form

Eksodus 27:9-11

Die oop stuk grond rondom die tempel-tent

9-11Die Here het vir Moses gesê: “Daar moet ’n oop stuk grond rondom die tempel-tent wees. Julle moet dit toemaak met gordyne van goeie linne-materiaal. Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees. Aan elke lang kant moet die gordyne hang aan 20 pale met 20 voetstukke van brons. Daar moet hake en ringe van silwer wees. 12By die westekant moet die gordyne 50 el breed wees, en daar moet tien pale en tien voetstukke wees.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index