Search form

Esegiël 40:42-43

42-43Die vier tafels waar hulle die diere vir die brand-offer geslag het, was gemaak van gekapte klip. Elke tafel was een en ’n halwe el lank en een en ’n halwe el breed en een el hoog. Daar was lae muurtjies teen die mure van die poort, die lae muurtjies was een handbreedte breed. Die priesters het die diere geslag vir die brand-offer en die ander offers, en hulle het dan hulle gereedskap op die lae muurtjies neergesit. Hulle het die offer-vleis op die tafels neergesit.

Die kamers vir die mense wat moes sing en vir die priesters

44Langs die buitekant van die binneste poort was daar kamers vir die mense wat moes sing. Dit was op die binneste oop stuk grond. Die een kamer was langs die noord-poort. Die voorkant van die kamer was suid. Die ander kamer was langs die oos-poort. Die voorkant van hierdie kamer was noord.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index