Search form

Jesaja 25:4-5

4-5want arm mense

wat probleme gehad het,

kon na U toe vlug.

Wrede mense het ons aangeval.

Hulle asem was soos ’n reën-storm

in die winter,

dit was soos die son wat brand

in die droë woestyn.

Maar U was vir die arm mense

soos ’n plek waar hulle veilig was

in die reën-storm.

U was soos ’n skaduwee

wanneer die son hulle brand.

U het die wrede vyande

laat ophou raas en juig,

dit was soos wanneer ’n wolk

’n skaduwee maak

en die son ophou brand.

Die Here sal die trane afvee

6Die Here wat oor alles regeer, sal op hierdie berg ’n groot fees hou.

Daar sal die lekkerste kos

en die oudste wyn wees,

vleis met murg in die bene,

en skoon wyn.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index