Jesaja 33:1
Red ons wanneer dit sleg gaan met ons
1Daar is ’n volk wat ander volke
se lande verwoes het,
maar niemand het daardie volk
se land verwoes nie.
Daar is ’n volk wat ander volke
verraai het,
maar niemand het daardie volk
verraai nie.
Dit sal sleg gaan met daardie volk.
Wanneer hulle klaar verwoes het
en klaar verraai het,
dan sal ander volke daardie volk verraai
en hulle sal daardie volk se land verwoes.