Search form

Jesaja 49:7

Ek het julle gekies om aan My te behoort

7Die Here praat, die Bevryder van Israel,

die Heilige God van Israel.

Hy praat met die Israeliete

wat dink hulle beteken niks,

die ander volke

hou niks van hulle nie,

en hulle is nou die slawe

van die mense wat oor hulle regeer.

Die Here sê: “Die konings van die ander lande

sal na julle kyk

en hulle sal opstaan en buig,

want hulle sal weet dat Ek, die Here,

doen wat Ek sê.

Ek is die Heilige God van Israel

en Ek het julle gekies

om aan My te behoort.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index