Search form

Jeremia 41:4-5

4-5Op die tweede dag daarna het daar mans uit die stede Sigem, Silo en Samaria in Mispa aangekom. Dit was 80 mans. Niemand buite die stad het toe geweet dat Ismael vir Gedalja vermoor het nie. Die mans het hulle baarde afgeskeer en hulle klere geskeur en hulleself stukkend gesny. Hulle het koring-offers en wierook by hulle gehad, hulle wou dit na die tempel van die Here bring. 6Ismael het uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet. Toe hy by hulle kom, het hy gehuil en vir hulle gesê: “Kom na Gedalja toe.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index