Search form

Jeremia 42:15-16

15-16Dit is wat julle sê, maar dan moet julle nou luister na wat die Here vir julle sê wat oorgebly het van die mense van Juda. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle was bang vir oorlog. As julle vas besluit het om na Egipte te gaan en om daar vreemdelinge te wees, dan sal die oorlog daar in die land Egipte na julle toe kom. En julle is bekommerd dat julle honger sal wees, maar die honger sal daar altyd by julle wees. 17Al die manne wat besluit om na Egipte te gaan en daar vreemdelinge te wees, sal sterf in oorlog of van honger of pes. Nie een sal kan vlug en wegkom van die swaarkry wat Ek oor hulle sal bring nie.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index