Jeremia 49:19
19“Dit moet julle weet,
soos die diere in ’n weiveld langs ’n waterstroom
vlug wanneer ’n leeu uit die bosse
by die Jordaan-rivier kom,
so sal Ek die Edomiete skielik laat vlug uit hulle land
en Ek sal iemand kies om oor die land te regeer.
Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen?
Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe?