Jeremia 51:27
27Julle moet ’n vlag in die lug ophou
oor die aarde,
julle moet die ramshoring blaas
vir die volke.
Julle moet vir die ander volke sê
hulle moet gereedmaak
om oorlog te maak teen Babel,
julle moet die mense van die lande Ararat,
Minni en Askenas roep.
Julle moet ’n offisier kies en aanstel
om al die planne vir die oorlog te maak.
Julle moet perde bymekaarmaak,
so baie soos sprinkane.