Search form

Job 25

Bildad praat die derde maal met Job

1Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:

2“God regeer, almal moet

bang wees vir Hom,

Hy gee vrede tot in sy hoë hemel.

3Niemand kan tel hoe groot

sy *leërs is nie,

sy son skyn oor al die mense.

4Kan ’n mens *regverdig wees voor God?

Kan ’n mens *onskuldig wees?

Nee, hy kan nie onskuldig wees nie.

5Die maan en die sterre

is nie blink en helder genoeg

vir God nie.

6’n Mens kan ook nie regverdig wees nie,

’n mens wat so onbelangrik is soos ’n wurm.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index