Search form

Johannes 19:24

24Die soldate het vir mekaar gesê: “Ons moenie die onderkleed stukkend skeur nie. Dit sal beter wees as ons lootjies trek om te sien wie dit moet kry.”

Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf:

Hulle het my klere

tussen hulle gedeel.

Hulle het lootjies getrek

oor my klere.

Dit is wat die soldate gedoen het.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index