Search form

Josua 1:13-14

13-14“Julle moet onthou wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het. Hy het gesê: ‘Julle God die Here het julle vyande oorwin en Hy sal vir julle hierdie grond oos van die Jordaan-rivier gee.’ Julle vroue en kinders en oumense en julle diere mag hier bly, maar almal van julle wat oorlog kan maak, moet voor die ander Israeliete oor die Jordaan-rivier gaan en julle moet hulle gaan help. 15Wanneer die Here die vyande van die ander Israeliete ook oorwin het en wanneer die ander Israeliete die land gevat het wat julle God die Here vir hulle gee, dan mag julle terugkom na julle eie grond wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle oos van die Jordaan-rivier gegee het.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index