Search form

Rigters 20:27-28

27-28Die kis van die Here was in daardie tyd in Bet-El, en Pinehas was in daardie tyd die priester by die kis. Pinehas was van die nageslag van Eleaser seun van Aäron. Die Israeliete het vir die Here gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers, die Benjamin-mense, of moet ons ophou?”

Die Here het geantwoord: “Ja, julle moet gaan, want môre sal Ek julle laat wen teen hulle.”

29Die Israeliete het eers vir party van hulle manne gesê hulle moet naby Gibea gaan wegkruip sodat die Benjamin-mense hulle nie kan sien nie.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index