Search form

Maleagi 2:1-2

Julle was nie gehoorsaam nie

1-2Die Here wat oor alles regeer, sê: “Priesters, Ek het gesê julle moet My eer. Ek het gesê as julle nie gehoorsaam is nie, dan sal Ek julle vervloek, Ek sal julle nie meer seën nie. Julle was nie gehoorsaam nie, daarom het Ek opgehou om julle te seën. 3Julle sal nie meer kinders kan kry nie en julle sal onrein word. Ek sal die mis uit die diere se pense in julle gesigte gooi, die diere wat julle vir My offer. Die mense sal julle wegdra na die vuilgoedhoop, en julle sal onrein wees.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index