Search form

Markus 12:1

Die gelykenis van die wingerd

(Ook Matt 21:33-42,45-46; Luk 20:9-19)

1Jesus het begin om met die mense te praat en Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Hy het gesê: “’n Man het ’n klomp wingerdstokke op sy grond geplant. Hy het ’n muur rondom die wingerd gebou en ’n parskuip gereedgemaak. En hy het ’n hoë toring gebou waarop iemand kon staan om die wingerd op te pas. Daarna het hy die wingerd verhuur aan ander mense. Toe het hy weggegaan.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index