Matteus 26:31
Petrus sal sê hy ken nie vir Jesus nie
(Ook Mark 14:27-31; Luk 22:31-34; Joh 13:36-38)
31Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle almal sal vannag ophou om in My te glo. Die profeet het geskryf:
“God het gesê: Ek sal
die skaapwagter doodmaak,
en die skape van die trop
sal weghardloop
na al die kante toe.