Search form

Nahum 2:11-12

11-12Nineve was soos ’n plek

waar leeus bly.

’n Leeu-mannetjie en ’n leeu-wyfie

en hulle kleintjie

is vir niks bang nie.

Hulle vang diere wanneer hulle wil.

Die leeu-mannetjie vang ’n dier

en verwurg dit

en hy bring kos vir sy wyfies

en sy kleintjies.

Nineve se mense was ook

vir niks bang nie.

Hulle het ander mense gevang

soos leeus diere vang,

en hulle het die mense

se goed gevat.

13Die Here wat oor alles regeer, sê:

“Nineve, Ek is nou teen jou.

Ek sal jou oorlogkarre verbrand

en Ek sal jou soldate doodmaak.

Jy sal nie weer ander mense

se goed vat nie.

Jy sal nie weer boodskappers

stuur na ander plekke nie.”

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index