Search form

Numeri 7:12-83

12-83Elke leier het sy presente op een van die twaalf dae gebring.

Die leiers was: Nagson

seun van Amminadab

van die stam Juda,

Netanel seun van Suar,

leier van die stam Issaskar,

Eliab seun van Gelon,

leier van die stam Sebulon,

Elisur seun van Sedeür,

leier van die stam Ruben,

Selumiël seun van Suri-Saddai,

leier van die stam Simeon,

Eljasaf seun van Reüel,

leier van die stam Gad,

Elisama seun van Ammihud,

leier van die stam Efraim,

Gamliël seun van Pedasur,

leier van die stam Manasse,

Abidan seun van Gidoni,

leier van die stam Benjamin,

Agiëser seun van Ammi-Saddai,

leier van die stam Dan,

Pagiël seun van Okran,

leier van die stam Aser,

en Agira seun van Enan,

leier van die stam Naftali.

Die presente wat elke leier gebring het, was:

’n silwer skottel wat 130 sikkels

geweeg het,

’n silwer bak wat 70 sikkels

geweeg het,

dit was tempel-sikkels,

die skottel en die bak

was altwee vol

van die beste meel,

hulle het dit met

olyf-olie gemeng,

dit was ’n koring-offer,

’n goue bakkie wat tien sikkels

geweeg het

en vol wierook was,

’n bul, ’n skaap-ram en ’n lam

wat een jaar oud was,

dit was die brand-offer,

’n bok-ram,

dit was die sonde-offer,

en twee beeste, vyf skaap-ramme,

vyf bok-ramme en vyf lammers

wat een jaar oud was,

dit was die ete-offer.

Dit was die presente van elke leier.

84Die leiers van die Israeliete het die presente gegee om die altaar te wy nadat Moses die altaar gesalf het. Die presente was almal saam twaalf silwer skottels, twaalf silwer bakke en twaalf goue bakkies.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index