Search form

Spreuke 17

Die Here toets mense se harte

1Dit is beter om net ’n droë stukkie kos te hê

as om ’n huis vol vleis te hê waar die mense baklei.

2’n *Verstandige *slaaf sal regeer oor ’n seun

wat niks reg doen nie.

Die slaaf sal saam met daardie seun se broers

die pa se goed *erf.

3’n Mens smelt silwer in ’n pot

en jy smelt goud in ’n oond,

maar die Here toets mense se harte.

4Iemand wat verkeerde dinge wil doen,

luister na mense wat slegte dinge sê.

Iemand wat leuens vertel,

luister na mense wat alles wil *verwoes.

5Wanneer jy vir ’n arm mens lag,

dan *beledig jy vir God

wat die arm mens gemaak het.

As jy bly is wanneer iemand anders swaarkry,

dan sal die Here jou straf.

6Kleinkinders laat oumense soos konings voel,

en kinders is trots op hulle ouers.

7’n Mens dink dat ’n *dwaas nie mooi sal praat nie,

’n mens dink ook dat ’n belangrike mens nie sal lieg nie.

8Iemand wat presente gee sodat mense

verkeerde dinge moet doen,

dink die presente sal hom laat slaag

oral waar hy gaan.

9Iemand wat maak of hy nie sien

wanneer iemand anders iets teen hom doen nie,

is iemand wat lief is vir mense.

Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê,

laat vriende kwaad word vir mekaar.

10’n *Verstandige mens luister

wanneer iemand met hom raas,

maar ’n dwaas luister nie,

hy luister ook nie wanneer hulle hom 100 maal

met ’n stok slaan nie.

11’n Slegte mens wil altyd *opstandig wees,

maar daar sal iemand kom wat hom wreed sal straf.

12Dit is gevaarlik om naby ’n beer-wyfie te kom

wat kwaad is omdat haar kleintjies dood is,

maar dit is slegter om ’n dwaas te ontmoet

wat dom dinge doen.

13Wanneer jy slegte dinge doen aan mense

wat goed was vir jou,

dan sal dit altyd sleg gaan met jou huisgesin.

14Twis begin soos wanneer water begin lek,

dit is beter dat jy ophou voordat die twis begin.

15Die Here haat dit wanneer iemand sê

dat ’n *skuldige mens *onskuldig is,

en Hy haat dit wanneer iemand sê

dat ’n onskuldige mens skuldig is.

16’n Dwaas het miskien geld

om *wysheid te koop.

Sal dit hom help?

Nee, want hy het nie verstand nie.

17Jy kan altyd weet dat ’n vriend lief sal wees vir jou

en dat ’n broer daar is om te help

wanneer dit sleg gaan met jou.

18’n Mens wat nie verstand het nie,

sal *borg staan en sê dat hy sy vriend se skuld

sal betaal.

19Iemand wat graag ander mense kwaad maak,

hou van twis.

Wanneer iemand dink dat hy beter is as ander mense,

dan sal dit gou sleg gaan met hom.

20Dit sal nie goed gaan met ’n mens wat vals is nie.

As hy ander mense wil *bedrieg,

dan sal dit sleg gaan met hom.

21’n Mens is hartseer wanneer jou kind ’n dwaas is,

jy het dan niks waaroor jy bly kan wees nie.

22’n Gelukkige mens is ook ’n gesonde mens,

maar ’n mens wat moedeloos is, word siek.

23’n Mens wat verkeerd doen, neem geld

wat iemand skelm vir hom gee,

en dan *oordeel hy nie reg nie.

24’n Verstandige mens dink hoe hy wysheid kan kry,

maar ’n dwaas dink hoe hy die hele aarde kan kry.

25Wanneer ouers ’n kind het wat ’n dwaas is,

dan is hulle hartseer en teleurgesteld.

26Dit is verkeerd wanneer ’n onskuldige persoon

boete moet betaal,

dit is ook verkeerd om ’n belangrike persoon te laat slaan

wanneer hy eerlik is.

27Iemand wat baie weet, praat nie baie nie,

’n verstandige persoon word nie gou kwaad nie.

28Mense dink iemand het wysheid wanneer hy nie praat nie,

hulle dink hy is verstandig wanneer hy stilbly,

hulle dink dit ook wanneer hy ’n dwaas is.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index