Search form

Psalm 100

Julle moet juig vir die Here

1’n Psalm. Om dankie te sê.

Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here.

2Julle moet bly wees en julle moet die Here dien,

julle moet voor Hom kom sing.

3Julle moet weet dat die Here God is.

Hy het ons gemaak, en ons is Syne,

ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort.

4Julle moet deur sy *poorte inkom

en vir Hom dankie sê,

julle moet voor sy *tempel kom staan

en julle moet Hom prys.

Julle moet vir Hom dankie sê,

julle moet sy Naam prys.

5Want die Here is goed,

Hy doen altyd wat Hy belowe het,

Hy bly dieselfde vir elke *geslag.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index