Search form

Psalm 110

Die Here sal langs jou wees

1Van Dawid. ’n Psalm.

Die Here het vir my koning gesê:

“Jy moet hier langs My sit,

op die belangrikste plek,

want Ek sal jou vyande *verneder,

en Ek sal hulle voor jou laat lê

sodat jy jou voete op hulle kan sit.”

2Die Here is in *Sion, Hy sal jou help om ’n sterk koning te wees.

Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.”

3Jou soldate sal self kom

wanneer jy oorlog wil maak,

hulle sal *gewyde klere dra.

Jou jongmanne sal vir jou wees

soos die *dou vroeg in die oggend.

4Die Here het belowe, en dit sal so wees:

Jy self sal altyd ’n *priester wees

soos Melgisedek ’n priester was.

5Die Here sal langs jou wees,

Hy sal konings oorwin

wanneer Hy kwaad is.

6Hy sal die *Regter van die volke wees,

Hy sal die hele aarde volmaak met hulle lyke,

Hy sal die leiers oorwin.

7Die koning sal water drink

uit die stroom langs die pad,

en dan sal hy sy vyande oorwin.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index