Search form

Psalm 113

Almal moet die Naam van die Here prys

1Julle moet die Here prys!

*Dienaars van die Here, julle moet Hom prys,

julle moet die Naam van die Here prys.

2Almal moet die Naam van die Here prys,

nou en altyd.

3Almal moet die Naam van die Here prys,

van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.

4Die Here is hoog bo die volke,

Hy is *Koning van die hemel.

5Wie is soos ons God die Here?

Hy sit hoog op sy *troon,

6en Hy buig af om die hemel en die aarde te sien.

7Die Here tel die mens op uit die stof, die mens wat niks het nie.

Hy laat die arm mens opstaan van die *ashoop,

8en Hy laat hom sit by die belangrike mense,

by die belangrike mense van sy volk.

9Wanneer ’n vrou nie kinders het nie,

dan laat die Here haar ’n gelukkige ma word,

en sy het haar eie huisgesin.

Julle moet die Here prys.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index