Search form

Psalm 114

Die aarde moet bewe wanneer die Here kom

1Toe die volk Israel uit Egipte weggetrek het,

toe die *nageslag van Jakob weggegaan het

van die volk wat die vreemde taal praat,

2toe het Juda die plek geword

waar die *tempel staan,

en Israel het die land geword

waaroor die Here regeer.

3Die see het dit gesien en hy het gevlug,

die Jordaan-rivier het weggedraai.

4Die berge het gespring soos skaap-ramme,

die heuwels het gespring soos lammers.

5See, hoekom vlug jy?

Jordaan-rivier, hoekom draai jy weg?

6Berge, hoekom spring julle soos skaap-ramme?

Heuwels, hoekom spring julle soos lammers?

7Die aarde moet bewe wanneer die Here kom,

wanneer die *God van Jakob kom.

8Dit is Hý wat rotse verander het,

dit het watergate geword,

Hy het harde klippe verander,

dit het water-fonteine geword.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index