Search form

Psalm 123

Here, U moet genadig wees vir ons

1’n Lied wanneer mense na die *tempel gaan.

Here, U wat in die hemel op u *troon sit,

ek kyk op na U toe.

2U moet weet, ons kyk na ons God die Here

soos *slawe kyk na hulle eienaars,

soos ’n *slavin kyk na die vrou aan wie sy behoort,

en ons wag dat Hy *genadig moet wees vir ons.

3Here, U moet genadig wees vir ons, genadig,

want ons wil hê dat mense moet ophou

om ons te *verneder.

4Ons wil hê dat hoogmoedige mense moet ophou

om ons te spot en te verneder.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index