Search form

Psalm 127

As die Here nie ’n huis bou nie

1’n Lied wanneer mense na die *tempel gaan. Van Salomo.

As die Here nie ’n huis bou nie,

dan help dit nie dat die bouers

hard werk om die huis te bou nie.

As die Here nie ’n stad beskerm nie,

dan help dit nie dat die *wagte

wakker bly nie.

2Dit help nie dat julle vroeg opstaan

en laat gaan slaap nie,

dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie,

want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is,

Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap.

3Julle moet onthou dit is die Here

wat vir ’n mens seuns gee,

kinders is presente van die Here.

4Seuns wat gebore is

toe hulle pa nog jonk was,

is soos pyle wat iemand vashou,

iemand wat oorlog moet maak.

5Dit gaan goed met ’n man

vir wie die Here baie seuns gegee het,

hy is nie bang dat hy sal verloor

wanneer hy met die vyande in die *poort praat nie.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index