Search form

Psalm 131

Julle moet glo dat die Here julle sal help

1’n Lied wanneer mense na die *tempel gaan. Van Dawid.

Here, ek dink nie dat ek belangrik is nie,

ek is nie hoogmoedig nie,

ek probeer nie om dinge te doen

wat vir my te moeilik is nie.

2Nee, ek is tevrede met wat ek is,

ek is soos ’n kind wat nie meer

aan sy ma drink nie,

’n kind wat gelukkig is by sy ma.

3Israeliete, julle moet glo dat die Here julle sal help,

nou en vir altyd.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index