Search form

Psalm 133

Dit is mooi wanneer broers in vrede saam woon

1’n Lied wanneer mense na die *tempel gaan. Van Dawid.

Julle moet dit weet: Dit is goed, dit is mooi

wanneer broers in vrede saam woon.

2Dit is soos wanneer goeie olyf-olie

afloop van die kop tot op die baard,

die baard van Aäron,

en dan verder afloop op die kraag van sy klere.

3Dit is soos die *dou van Hermon-berg

wat afloop tot op die Sion-berge.

Want daar op die Sion-berge het die Here sy volk *geseën,

Hy het vir hulle die lewe gegee wat altyd aanhou.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index