Search form

Psalm 134

Julle moet die Here prys

1’n Lied wanneer mense na die *tempel gaan.

Luister, julle almal wat *dienaars van die Here is,

julle wat in die nag in die tempel werk,

julle moet die Here prys.

2Julle moet julle hande uitsteek na die *gewyde plek

en julle moet die Here prys.

3Die Here wat die hemel en die aarde gemaak het,

is in *Sion, en ek bid dat Hy jou sal *seën.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index