Search form

Psalm 15

Wie mag woon op u gewyde berg?

1’n Psalm van Dawid.

Here, wie mag bly in u *tempel,

wie mag woon op u *gewyde berg?

2Net die mens wat heeltemal reg lewe

en reg doen en wat die waarheid praat,

mag daar kom,

3die mens wat nie sleg praat van ander mense nie,

die mens wat nie slegte dinge doen

aan ander mense nie

en wat hulle nie *beledig nie,

4die mens wat niks wil doen saam

met mense vir wie die Here gelos het nie,

maar wat die mense respekteer wat die Here dien,

die mens wat doen wat hy belowe het,

ook wanneer dit nie goed is vir homself nie,

5die mens wat vir ander mense geld leen

maar wat hulle nie *rente laat betaal nie,

die mens wat nie geld neem om te sê

*onskuldige mense is *skuldig nie.

Die mens wat hierdie dinge doen,

sal altyd vas staan.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index