Search form

Psalm 150

Alles wat lewe, moet die Here prys

1Julle moet die Here prys!

Julle moet God prys in sy *tempel,

julle moet Hom prys onder sy sterk *hemeldak.

2Julle moet Hom prys

omdat Hy groot dinge gedoen het,

julle moet Hom prys,

want Hy is baie groot.

3Julle moet die *ramshorings blaas,

julle moet die Here prys.

Julle moet op die *harpe en die *liere speel,

julle moet die Here prys.

4Julle moet op die *tamboeryne slaan

en julle moet dans,

julle moet die Here prys.

Julle moet *snaarmusiek maak

en julle moet die *fluite blaas,

julle moet die Here prys.

5Julle moet die *simbale teen mekaar slaan,

almal moet dit hoor, dit moet raas.

6Alles wat lewe, moet die Here prys.

Julle moet die Here prys!

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index