Search form

Psalm 32

Dit gaan goed met ’n mens wanneer die Here hom vergewe

1Van Dawid. ’n Lied.

Dit gaan goed met ’n mens

wanneer die Here hom vergewe dat hy *opstandig was,

wanneer die Here hom nie straf oor sy sonde nie.

2Dit gaan goed met ’n mens

wanneer die Here nie sê dat hy *skuldig is nie.

Dit gaan goed met ’n mens

wat nie ander mense *bedrieg nie.

3Ja, toe ek stilgebly het oor my sondes,

het ek die hele dag gekla en gesug

en ek het maer geword,

4want U het my elke dag en nag gestraf.

Dit het gevoel of daar ’n vuur in my brand.

*Sela

5Toe het ek my sonde vir U *bely,

ek het nie probeer wegsteek

dat ek verkeerd gedoen het nie,

ek het gesê ek sal vir die Here bely

dat ek opstandig was.

En U het my sonde vergewe.

Sela

6Daarom moet elke mens wat in U glo, tot U bid

wanneer dit met hom sleg gaan.

Dan sal die *watervloed hom nie wegspoel nie.

7U beskerm my, U hou my weg van gevaar,

U maak my vry, en ek kan daaroor sing.

8Ek wil vir jou leer en vir jou sê hoe jy moet lewe,

ek wil vir jou raad gee en ek wil kyk wat jy doen.

9Jy moenie soos ’n perd of ’n *muil wees

wat dom is nie.

’n Mens moet ’n *stang en ’n *toom hê

om so ’n dier mak te maak en om hom by jou te hou.

10Dit gaan baie sleg met ’n mens wat verkeerd doen,

maar die Here doen wat Hy belowe het

vir die mens wat in Hom glo.

11Julle almal wat reg lewe, julle moet bly wees,

julle moet juig oor wat die Here gedoen het.

Julle almal wat eerlik lewe, julle moet bly wees en skree.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index