Search form

Psalm 43

U moet u lig vir my laat skyn

1U self moet my *oordeel, o God,

U moet my verdedig teen mense

wat nie aan U behoort nie,

U moet my red van mense

wat lieg en *onregverdig is.

2Ja, U is die God wat my moet beskerm.

Hoekom het U my weggestoot?

Hoekom moet ek aanhou *rou

omdat vyande my laat swaarkry?

3U moet u lig vir my laat skyn

en U moet die waarheid oor my sê.

U lig en u waarheid moet my lei

en moet my terugneem na

u *gewyde berg, u woonplek.

4Dan sal ek na die *altaar van God gaan,

die God wat my bly maak.

Ek sal U prys met die *lier, o God, my God.

5Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie,

ek moet glo dat God my sal help,

ja, ek sal weer ’n lied sing om Hom te prys.

Hy is naby, Hy sal my red,

Hy is my God.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index