Search form

Psalm 46

God beskerm ons en maak ons sterk

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. Dieselfde musiek soos vir die lied “Jong Vroue.” ’n Lied.

2God beskerm ons en Hy maak ons sterk,

Hy is altyd gereed om ons te help.

3Daarom is ons nie bang nie,

ook nie wanneer die aarde skud,

en die berge tot in die see val nie,

4ook nie wanneer die water van die see

raas en skuim,

en sy wilde branders die berge laat bewe nie.

*Sela

5Daar is ’n rivier,

sy strome maak die mense bly

wat woon in *die stad van God,

die *gewyde woonplek

van die *Hoogste God.

6God is in hierdie stad,

niemand sal die stad oorwin nie,

God sal die stad help wanneer dit oggend word.

7Volke het geraas, lande is *verwoes.

Wanneer die Here praat, dan smelt die aarde weg.

8Die Here wat oor alles regeer, is by ons,

die *God van Jakob beskerm ons.

Sela

9Julle moet kom kyk wat die Here doen,

kom kyk watter wonderlike dinge Hy op die aarde doen:

10Hy het oorloë laat ophou op die hele aarde,

Hy het pyl en boog gebreek,

spiese stukkend geslaan

en *skilde verbrand.

11Hy het gesê: “Julle moet ophou veg,

julle moet weet dat Ek God is,

Ek is hoog bo die volke, hoog bo die aarde.”

12Die Here wat oor alles regeer, is by ons,

die God van Jakob beskerm ons.

Sela

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index