Search form

Psalm 53

God help die mense wat reg doen

(Ook Psalm 14)

1Vir die leier van die koor: Die *fluite moet speel en julle moet sing. ’n Lied van Dawid.

2Dit is *dwase mense wat dink daar is nie ’n God nie.

Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dinge

aan ander mense,

nie een van hulle doen goed nie.

3God kyk uit die hemel na die mense

om te sien of daar iemand is wat *verstandig is,

iemand wat vra wat God wil hê.

4Maar hulle het almal sleg geword,

hulle het nie op die regte pad geloop nie.

Nie een van hulle doen goed nie,

nie een nie.

5Besef julle wat sal gebeur

met julle wat slegte dinge doen?

Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet,

julle wat nie tot die Here bid nie,

besef julle wat sal gebeur?

6Julle moet besef dat julle groot sal skrik,

so groot soos julle nog nooit geskrik het nie,

want God sal die vyande van sy volk doodmaak

en Hy sal die vyande se bene oral gooi.

Hulle sal verloor, want God het hulle gelos.

7Ek bid dat daar uit *Sion iemand sal kom

wat vir Israel sal red.

Wanneer God dit beter laat gaan met sy volk,

dan sal die *nageslag van Jakob juig,

Israel sal *feesvier.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index