Search form

Psalm 61

U moet die koning lank laat lewe

1Vir die leier van die koor: Met *snaarmusiek. Van Dawid.

2O God, U moet luister wanneer ek bid,

U moet vir my gee wat ek vra.

3Ek is baie ver van U, maar ek roep

en vra dat U my moet help, ek is moedeloos.

U moet my op ’n hoë rots laat staan

waar ek veilig sal wees.

4Ek vra dit, want U het my altyd beskerm,

U was vir my soos ’n *toring

waar die vyande nie by my kan kom nie.

5U moet my altyd by U laat bly,

U moet my beskerm soos ’n hen haar kuikens

beskerm onder haar vlerke.

*Sela

6Want U het gehoor dat ek belowe het

om *offers te bring vir U.

U het vir my ook ’n plek gegee

by die mense wat vir U dien.

7U moet die koning lank laat lewe, *geslagte lank.

8Hy moet altyd koning bly naby U, o God,

U moet doen wat U belowe het, U moet dieselfde bly

en hom altyd beskerm.

9Dan sal ek aanhou om te sing en U te prys

en ek sal elke dag die offers bring wat ek belowe het.

Bybel vir almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

More Info | Version Index